Twee maniere om te lewe : Die keuse wat ons almal voor te staan kom
Creation

God is die liefdevolle Heerser van die wêreld.

Hy het die wêreld gemaak en ons as heersers van die wêreld onder Hom aangestel.


Die eerste punt van die Christelike boodskap is dat God die wêreld beheer. Hy is die regeerder, die algehele president, die koning. Anders as menslike regeerders doen God altyd wat die beste is vir hulle wat aan Hom onderdanig is. Hy is die soort koning wat mens sal wil laat regeer.

God is die regeerder van die wêreld, want Hy het die wêreld gemaak. Soos `n pottebakker sy klei vorm het God die wêreld gemaak soos wat Hy dit wou maak, tot in die kleinste besonderhede. Hy het die wêreld gemaak en dit behoort aan Hom.

Hy het ons ook gemaak. God het mense geskape wat in sekere opsigte soos God self is. Hy het hulle in beheer van die wêreld gestel - om daaroor te heers, daarvoor te sorg en verantwoordelik te wees en al die goeie en mooi dinge daarvan te geniet. Hy het die mensdom oor die wêreld aangestel om dit onder Sy oppergesag te bestuur en daarna om te sien. Hulle moes Hom daardeur eer en daardeur Sy leiding gehoorsaam.

U kan dit in die voorstelling hierbo sien. God is die heerser (Die kroon) en die mensdom is geskape om in Sy wêreld te heers onder Sy liefdevolle gesag.

Dit klink soos dit moet wees—God in die hemel, mense wat die wêreld regeer volgens Sy leiding, en alles wat reg is in die wêreld. Maar alles is duidelik nie reg nie – nie met ons of die wêreld nie.

Wat die Bybel sê: U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep. — Openbaring hoofstuk 4, vers 11

Is dit hoe dit nou is?

Fall

Ons almal verwerp die regeerder—God—deur te probeer om ons eie lewe sonder Hom te lewe.

Ons slaag egter nie daarin om onsself, die gemeenskap of die wêreld te regeer nie.


Die hartseer waarheid is dat mans en vroue oral, van die begin af, God verwerp het en hulle eie koppe gevolg het. Ons is almal dieselfde, ons hou nie daarvan dat iemand vir ons voorskryf hoe om te lewe nie—en minste van almal God. So rebelleer ons op verskillende maniere teen God: Ons ignoreer Hom en gaan eenvoudig aan met ons lewens; of ons is bloot nie gehoorsaam aan Sy opdragte wanneer Hy ons wil lei hoe om in hierdie wêreld te lewe nie; of ons swaai ons klein vuisies in Sy gesig en ons vertel Hom om te gaan doppies blaas.

Hoe dit ookal sy, ons is opstandig en wil nie volgens God se wil lewe nie. Ons verkies ons eie begeertes en wil dinge op ons manier doen sonder dat God daarin `n sê mag hê. Hierdie rebelse, ‘onafhanklik van God’ gesindheid word deur die Bybel 'sonde' genoem.

Die probleem is dat wanneer ons God verwerp ons nie slegs `n gemors van ons eie lewens maak nie, maar ook van ons gemeenskap en die wêreld. Die hele wêreld is vol mense wat daarop uit is om dit te doen wat hulle alleen pas, en hulle volg nie God se paaie nie. Ons almal speel klein godjies wat ons eie krone dra en is in kompetisie met mekaar, met baie slegte gevolge. Die lyding en ongeregtigheid wat ons om ons sien hou direk verband met ons rebellie teen God.

Deur ons rebellie teen God het ons `n verskriklike gemors gemaak van dinge. Die vraag is: Wat gaan God se reaksie daarop wees?

Wat die Bybel sê: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand verstandig nie, daar is niemand wat God soek nie. Almal het afgedwaal, saam het hulle waardeloos geword. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. — Romeine hoofstuk 3, vers 10-12

Hoe gaan God reageer op ons rebellie teen Hom?

Judgement

God gaan nie vir altyd ons rebellie verdra nie.

God se straf oor rebellie teen Hom is die oordeel en die ewige dood.


Omdat God omgee vir die mensdom neem Hy ons rebellie ernstig op. Hy roep ons tot verantwoording vir ons dade omdat Hy omgee wanneer ons Hom en ander mense sleg behandel. Hy gaan nie vir altyd toelaat dat ons teen Hom rebelleer nie.

God se oordeel oor ons is volkome regverdig, omdat Hy ons presies gee waarvoor ons vra. Wanneer ons teen God rebelleer sê ons eintlik vir God "Gaan weg van my af. Ek laat U nie toe om vir my te sê wat ek moet doen nie, los my uit!" En dit is presies wat God dan doen. Sy oordeel oor rebelle teen Hom is juis om Homself vir ewig af te sny van dié wat teen Hom rebelleer. Omdat Hy die Gewer van lewe en alle goeie dinge is, beteken om van God afgesny te wees die ewige dood en hel. God se oordeel oor rebelle is 'n ewigheid sonder God, Godloos en verlore.

Dit is verskriklik om onder die oordeel van God te kom,`n moontlikheid wat ons almal in die gesig staar omdat alle mense skuldig is aan opstand teen God.

Is dít dan ons bleek toekoms? Is ons almal bestem vir die verdoemende oordeel? As dit nie vir God se eie wonderbaarlike ingryping was nie sou dit wel so wees.

Wat die Bybel sê: En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. — Hebreers hoofstuk 9, vers 27

God se geregtigheid klink hard, maar...

Jesus

Omdat God die wêreld liefhet, het Hy sy Seun in die Wêreld gestuur, die Man Jesus Christus.

Jesus het altyd onder die regering van God die Vader geleef.

Maar deur in ons plek te sterf, het Hy die straf en oordeel van ons lewe in ons plek gedra en vergifnis vir ons gebring.


Omdat God groot en genadig is, het God ons nie oorgelaat aan die gevolge van ons dom rebelse lewe nie. Hy het aksie geneem om ons te red. Hy het Sy eie Goddelike Seun in hierdie wêreld gestuur om mens te word—Jesus van Nasaret.

Anders as ons het Jesus nie gerebelleer soos ons nie. Hy het altyd onder die regering van God geleef. Hy het God die Vader in alles gehoorsaam en het dus nie verdien om geoordeel te word nie. Tog het Jesus gesterf. Alhoewel Hy die krag van God gehad het om siekes te genees, op die water te loop en selfs dooies lewendig te maak, het Hy toegelaat dat Hy gekruisig word. Maar hoekom so?

Die Bybel weerklink met die ongelooflike nuus dat Jesus as ons Plaasvervanger vir ons as rebelses gesterf het. Dit waaraan ons teenoor God skuldig was het Jesus voorsien deur in ons plek vir ons sondes te sterf. Hy het die volle oordeel van ons sondes op Hom geneem sodat vergewing en vryskelding van ons oordeel vir ons moontlik kon wees.

Niks daarvan het ons verdien nie, dit is `n vrygewige geskenk van God aan ons. Die hele daad van vergifnis, van begin tot einde.

Wat die Bybel sê: Immers, ook Christus het eens en vir altyd vir sondes gely, Hy, die Regverdige, ter wille van onregverdiges, sodat Hy julle na God kon bring. — 1 Petrus hoofstuk 3, vers 18

Maar dit is nie al nie...

Life

God het Jesus uit die dood opgewek om weer die regeerder van die wêreld te wees.

Jesus het die dood oorwin, en nou gee Hy nuwe lewe en sal weer die regter wees.


God het Jesus se versoendood as volle betaling vir ons sondes aanvaar en Hom uit die dood opgewek. Die verrese Jesus is nou wat die ganse mensdom altyd bedoel was om te wees, God se heerser van die wêreld.

As God se heerser is Jesus ook aangewys as God se regter van die wêreld. Die Bybel belowe dat Jesus eendag weer sal kom en rekenskap van ons almal se dade te vra.

In die tussentyd bied Jesus vir ons almal `n nuwe lewe aan, vir nou en ook vir die ewige hiernamaals. Nou nog kan ons sondes vergewe word deur Jesus se versoendood en ons kan `n nuwe begin maak by God, nie meer as rebelses nie, maar as vriende. In hierdie nuwe lewe kom God self deur Sy Gees in ons woon. So kan ons die vreugde van `n nuwe verhouding met God beleef.

Wat meer is, weet ons as Jesus as regter terugkeer, is ons vrygespreek deur Jesus se versoendood en kan ons seker wees dat ons vir Jesus aanneemlik sal wees. Die opgestane Jesus sal ons die ewige lewe laat erwe, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat Hy in ons plek gesterf het.

Wat die Bybel sê: Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in sy groot ontferming, deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood, opnuut verwek het sodat ons 'n lewende hoop mag hê. — 1 Petrus hoofstuk 1, vers 3

Wel, waar laat dit ons?

Choice

Ons weg:

  • Verwerp die regeerder—God
  • Probeer om ons lewe volgens ons eie weg te lewe

Gevolg:

  • Veroordeel deur God
  • Staar dood en oordeel in die gesig

God se nuwe weg:

  • Gee oor aan Jesus as ons regeerder
  • Vertrou op Jesus se versoendood en opstanding

Gevolg:

  • Vergewe deur God
  • Ontvang ewige lewe

Ons kan voortgaan in ons rebellie teen God en ons lewens probeer lei sonder Hom. Ongelukkig kies die meeste mense hierdie verkeerde opsie.

Die eind resultaat is dat God ons gee waarvoor ons vra en wat ons verdien. Hy veroordeel ons omdat ons Sy regmatige beheer oor ons lewe verwerp. Ons dra nie alleen die morsige gevolg van ons verwerping van God hier en nou nie, maar ons staar ook die wrede en finale skeiding van Hom in die gesig. Die gevolg is ‘n ewigheid sonder liefde en sonder ewige lewe of `n liefdegevulde lewe en verhouding met Hom.

Vir diegene van ons wat besef ons situasie is sonder hoop is daar `n reddingstou. As ons terugkeer na God en Sy genade vra en vertrou op Jesus se versoendood en opstanding vir ons, verander alles vir ons.

Eerstens, God wis al ons sondeskuld uit. Hy aanvaar Jesus se versoendood vir ons as betaling van ons sondes, en vergewe ons geheel en al sonder dat ons nodig het om te betaal vir ons sondes. Tweedens gee Hy Sy eie Gees in ons binneste en in ons harte en gee ons `n nuwe lewe tot in alle ewigheid. Ons is dan nie meer rebelle nie, maar deel van God se eie familie in die hoedanigheid dat ons deur Hom aangeneem is as Sy seuns en dogters. Jesus is nou weer ons regeerder.

Die twee paaie wat ons kan loop verskil hemelsbreed van mekaar en hulle laat u met een van twee keuses.

Wat die Bybel sê: Wie in die Seun glo, het die ewige lewe, maar wie aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie; inteendeel, maar die toorn van God bly op hom. — Johannes hoofstuk 3, vers 36

Watter van een van hierdie twee paaie verteenwoordig u lewe? Hoe wil u leef?

Which way do you want to live?

Die eerste vraag wat u uself moet vra is:

Op watter manier wil ek leef?

As u antwoord op die vraag insluit dat u u eie manier wil leef, dan glo u heelwaarskynlik nie alles van die boodskap wat vir u omlyn is nie.

Miskien glo u nie dat God opstandiges gaan oordeel nie, of dat u `n rebel is nie. Sou dit die geval wees, dink asseblief weer versigtig na. Dit sal goed wees as u noukeurig die aanbieding wat u gehoor het deeglik oordink of dit waar is. Want as dit waar is, is die gevolge vir u die verskil tussen lewe en dood.

Moontlik kan u `n maklik leesbare vertaling van die Bybel kry en vir uself oor hierdie aanbieding lees. Die evangelie van Markus is `n goeie plek om te begin. Dalk wil u met `n Christenvriend gesels of ons deur ons e-pos kontak, dalk kan ons iemand kry wat met u in u taal kan gesels en u help.

Hoe ookal, as u weet dat u `n rebel is teen God en verkies om op Sy manier te lewe, is die volgende vraag: Wat kan u daaromtrent doen?

Talk to God

1. Praat met God

Die eerste ding om te doen is om met God te praat. U het nodig om teenoor Hom te erken dat u teenoor Hom gerebelleer het, en dat u verdien om geoordeel te word maar dat u vir barmhartigheid vra op die basis dat Jesus in u plek gesterf het. U het ook nodig om God te vra dat Hy u sal help om van `n rebel te verander na iemand wat leef teenoor Jesus as u regeerder.

U kan min of meer die volgende bid:

Liewe Here,
Ek weet ek is nie waardig dat U my moet aanneem nie. Ek verdien nie u geskenk van die ewige lewe nie. Ek is skuldig dat ek teenoor u gerebelleer het en u geïgnoreer het. Ek het U vergifnis nodig.
Dankie dat U u Seun gestuur het om vir my te sterf sodat ek vergewe kan word. Dankie dat Jesus uit die dood opgestaan het om my `n nuwe lewe te gee.
Vergewe my asseblief en verander my dat ek met Jesus as my regeerder kan leef.
Amen.

Die eerste stap is dan om te bid.

Submit to Jesus

2. Gee oor aan Jesus

Die tweede stap is taamlik logies. As u gebid het soos vir u getoon is, wil u dit begin beoefen—dit is, om eintlik oor te gee aan Jesus. Daar sal aanvanklik allerhande areas in u lewe wees wat verandering nodig het.

U sal eerstens van al u rebelse gewoontes (soos gierigheid, woede, selfsug ens.) ontslae moet raak en dit te vervang met nuwe gewoontes (bv. vrygewigheid, goedheid, liefde en geduld) wat God tevrede stel.

Hierdie tweede stap sal vir die res van u lewe voortduur, maar God sal die hele pad saam met u wees. Hy sal aanhou om met u te praat bv. deur die lees van u Bybel; Hy sal aanhou om na u te luister en om u te help as u Hom in gebed vra; Hy sal u instaat stel om te verander en te leef soos Hy wil hê dat u moet leef deur Sy Gees wat in u woon; en Hy sal aan u broeders en susters voorsien wat u sal aanmoedig langs die pad wat u moet loop wanneer u met ander Christene omgaan.

Die tweede stap is dan om oor te gee aan Jesus en om vir Hom te begin leef as u regeerder.

Keep trusting

3. Hou aan om op Hom te vertrou

Die derde ding wat u moet doen is ook voortdurende handeling. U moet u vertroue op die regte plek plaas. Dit is alleen deur die Here Jesus en Sy dood en opstanding dat u vergewe kan wees en met God versoen kan wees. Dit sal nodig wees om voortdurend uself hieraan te herinner. Soos u begin om die nuwe lewe met God te leef, sal dit nog steeds gebeur dat u mag val en verkeerd doen. Dit gebeur met ons almal. Ons het almal nodig om onsself te herinner aan die dood van Jesus aan die kruis as die enigste gronde van ons vergifnis. Ons mag nooit ophou om op Hom alleen te vertrou as die weg waarlangs ons vergewe is en die ewige lewe verkry het.

As u vir seker weet u het nog nie hierdie stappe geneem nie, en dat u nog steeds `n onvergeefde rebel is, is dit nodig om iets daaraan te doen. U is dan by `n vurk in die pad. Ons almal moet `n keuse maak, ook u. Daar is slegs twee maniere om te leef.

Contact us

Daar is baie meer aspekte van die Christelike lewe as wat ons in hierdie aanbieding kan inpas, maar ons wil graag vir jou 'n bietjie hulp gee om meer uit te vind.

Een van die belangrikste maniere waarop God ons help, is deur ander Christene wat ons kan ondersteun en ons kan leer. Of jy net vrae het wat jou pla, of jy graag by 'n kerk wil aan sluit – ons sal jou ten sterkste aanmoedig om 'n plaaslike groep mense te vind wat Jesus volg.

As jy hulp benodig om 'n Christelike gemeenskap te vind in die omgewing waar jy woon, e-pos ons gerus: [email protected].

As jy meer oor God wil leer, dan is die lees van sy Boek - die Bybel - van kritieke belang.

As jy 'n nie 'n Bybel het nie, of as jy net 'n vertaling besit wat moeilik is om te verstaan, kan jy 'n moderne vertaling aanlyn lees. Ons beveel aan dat jy in een van die Evangelies begin lees.

Jy het waarskynlik baie vrae, en 'n paar ander oor jou geloof kan later na vore kom. Op hierdie webwerf kan jy kort, betroubare, en Bybel-gebaseerde antwoorde oor baie onderwerpe vind. Ons wil u aanmoedig om die vrae te blaai en die artikels te lees.

Indien jy enige verdere geestelike hulp benodig, epos ons gerus: [email protected].